FarmPhoto.com - The world of farming in photos.
T3RRA Cutta
Thread #100159 / / Total number of messages: 7 / Thread View Count: 2112 / Add thread to favorites:
JD 9600 100159 75 Seeding Canola either
Seeding Canola
Here we are this spring,seeding canaola around may 7th? 2004
crop looks good soo far as of June 22 takin in Saskatchewan
Canada
Ski Farms
0,0,0
Re: Seeding Canola
what is canaola for a plant? I never haerd about it?
0,0,0
Re: Seeding Canola
This is Canola. I think someting like Koolzaad

http://www.pacificbiomass.org/images/cp-canola-big.jpg
http://www.rolettecounty.com/images/canola.jpg

Canola het beter voedingswaarde as hawer, en gee meer melk
beide as weiding en kuilvoergewas. Goeie hergroei vermoë
weens die penwortelstelsel met beter
droogteverdraagsaamheid, veral onder ernstige droogte
toestande soos in die Suidkaap ondervind die afgelope vyf
jaar, asook beter opbrengsvermoë, maak van canola die ideale
wisselbougewas op weidings- en kuilvoerlande. Terselfdertyd
het canola minder siekte probleme (insetkoste) as hawer,
beter aanpasbaarheid in somer-, lente- en herfsmaande en
uitstekende wisselbou voordele. Nadat canola as weiding
gebruik is in die vroeë wintermaande, kan dit steeds laat
staan word om 'n redelik tot goeie saadopbrengs,
m.a.w.kontant inkomste, te lewer.

Voedingswaarde

As weiding of hooi gewas het canola 'n proteïen van 17
persent, terwyl tot 21,5 % gemeet is wanneer op die
end-blomstadium gesny. Na inkuiling is die proteïen 11,5 %.
Sonder voldoende stikstofbemesting kal kuilvoer met laer
proteïen verwag word.

Die totale verteerbare voedingswaarde (TVV) van canola as
weiding is 65 tot 67 %, met 'n metaboliseerbare energie van
10 - 11 mJ/kg. Na die inkuilingsproses is canola kuilvoer se
TVV 55 - 58 %. Die hoë vetinhoud (±12,5 %), verseker hoë
energie kuilvoer.

Die suurbestande vesel (SBV / 'NDF') van canola is ± 40 %.
Hawer se vlakke is ± 65 %. Melkproduksie is op 'n maksimum
wanneer die SBV vlakke onder 58 % is. Deur canola en hawer
50:50 te meng in die kuilvoergat (LW nie saam plant!), sal
beide die opbrengs en kwaliteit kuilvoer verbeter word, en
aanvaarbare SBV vlakke van ongeveer 55 verkry word, wat dus
melkproduksie verhoog.

Stadium van benutting

Alhoewel 'n hoër TVV verkry word met vroeë benutting van
canola, neem die tonnemaat opbrengs drasties toe soos later
gesny word vir hooi of kuilvoer, byvoorbeeld van 5,49 t droë
materiaal (DM)/ha op volblom stadium, tot 7,14 t DM/ha op
laatblom- en 10,7 t DM/ha op groen korrelvul (± 3 weke na
blom-) stadium. Hierdie stadium is die optimum stadium vir
bunker kuilvoer, nl. gedurende die sagte- tot harde deeg
stadium. Wanneer rondebaalkuilvoer gemaak word, is die regte
stadium einde-blom, m.a.w. wanneer ± 5 persent van die
plante nog blomme aan het. Vir hooi word canola op die sagte
peul stadium, wanneer 85 % vog in die plant voorkom, gesny.
Die ideale beweidingstyd is met stamverlenging voor knop- en
blomvorming, sodat die plant vegetatief bly.

Let wel. Enige vreemde inname by die melkkoei kan tot 'n
smaakverskil in die melk lei. Indien egter net na melk 'n
vreemde produk soos canola gevoer word en 2 - 3 uur voor
melk normale weiding gegee word, sal geen smaakverskil in
die melk veroorsak word nie. So ook sal vermenging van
canola en ander kuilvoerbronne soos hawer nie lei tot 'n
smaakverskil in die melk nie.

Suksesse met Kuilvoercanola.

Gilbert Muller (Mosselbaai) het oor die eeste vyf dae van
weiding op Kuilvoercanola elke dag 100 l melk ekstra gemelk
van 67 koeie, dus 500 l melk ekstra per dag na vyf dae.
Hierna is nog koeie bygesit en kon verdere meting nie
voortgaan. Alhoewel vol op canola gemelk is, is geen koeie
verloor deur opblaas nie. Ten spyte van die droë
winterseisoen (2001), is verskeie weidings afgehaal.

Zo :-D En het is zuid- afrikaans hè geen heel erg slecht
typende nederlander :-)
0,0,0
Re: Seeding Canola
dacht al dat je weer aan je vaders bier had gezeten :-D
0,0,0
Re: Seeding Canola
Canola = koolzaad. In het engels is koolzaad ook wel Rape
Seed. Maar omdat "rape" ook verkrachten/verkrachting
betekend, gebruiken ze in VS/Canada liever de naam Canola.
0,0,0
Re: Seeding Canola
Ohwww Thanks!!
0,0,0
Re: Seeding Canola
conola is called oil seed rape in the uk and europe
0,0,0
Loading Message List
[You must sign in to add photos or messages to this thread]
.
Please Note: FarmPhoto.com does not claim ownership of the photos posted here.
Contact individual posters for permission before using any of the photos.
0.076sec